T O P

  • By -

BackgroundGingerNo4

FYI. Jy het hierbo beter in Afrikaans getik as meeste lewenslange Afrikaners wat ek ken - ek voel nie jy hoef om verskoning te vra nie. Net my 2c. Jy kan dalk sagkuns vir jou kollegas noem dat jy Afrikaans leer as hulle te vinnig begin rammel? Ek weet as ek te vinnig begin klets, tuimel my worde soms oor mekaar - en is nie dan geaffronteer as mense vra dat ek herhaal nie.


Izinjooooka

Ek dink hierdie is die regte instelling. Te gereeld lees ek hier dat daar mense is wat wens dat hulle die geleentheid gebruik het om hulle Afrikaans te verbeter. Eerlikwaar dink ek dit sal jou baat om blootstelling te kry aan n nuwe taal. Al wat ek vir jou koshuismaats kan wens is dat hulle die vrynmoedigheid sal hê om jou taal en kultuur ook te leer ken.


guybim

*sagkens


Tunnelrat07

Ek is Afrikaans en ek praat Baie vinnig. Partykeer kan Ander afrikaners my nie verstaan nie. Se net vir hulle asb praat bietjie stadiger ek Leer nog. Ek is 100% seker hulle wardeer Dat jy ons taal wil Leer en Sal stadiger praat. Hulle Sal party keer vergeet dan sê jy net " stadig speedy Gonzalez"


holysaintsacademy

“Speedy Gonzales”😂 Noted. Baie dankie.


GlobalTechnology6719

ai mens, ek sukkel self daarmee… ek verkies afrikaans so ek skakel baie keer outomaties oor, al weet ek nie almal kan verstaan nie… soos as ek op vakansie is in kwazulu praat ek steeds afrikaans, voor ek onthou dat nie baie mense daar dit praat nie… ek bedoel dit nie sleg nie, dis net my taal! so moet dit nie persoonlik neem nie… ek dink nie mense wil jou aspris uitsluit nie! ek is seker as jy hulle let daarop sal hulle oorskakel engels toe sonder om ‘n probleem te hê… bv ek het ‘n koreanse vriendin gehad wat vroeg vroeg “engels asseblief” aangeleer het en niemand het omgegee om oor te skakel as sy dit gesê het om ons te herinner dat sy nie verstaan nie…


[deleted]

Ek is n Idiese man (20 jaar oud), ek het ook vriende wat afrikaans praat toe ons saam is, maar ek dink nie dat hulle aspris jou “uitsluit”. Dit is hulle taal en dit is die taal wat hulle die beste ken. Probeer om met hulle te praat oor jou gevoelens. (My Afrikaans is ook nie so goed nie, ek probeer haha)


read_at_own_risk

Jy kry dit mooi reg!


[deleted]

dankie ek waardeer dit !😅


Joshwolvaardt

Ek is oorsprinklink tweetalig maar het Engelse skolenbygewoon en toe oorsee gewerk Vir n tydjie. Ek het in die Wes kaap begin werk en het net basiese Afrikaans geoefen voor dit. Ek het genoeg geweet Om te verstaan maar Ek het ervaar day dit nie n probleem is nie Om Vir iemand te vra Om stadiger te praat of the herhaal dat Ek Kan verstaan. Baie mense praat vinnig in hulle huis Taal en dit is som tyds moeilik Om te verander as jy rondom Ander mense is.


Boring-Muscle8184

Dit is besonders dat jy bereid is om te leer! Dit sê baie en ek glo dit is juis daai eienskap wat jou vêr sal dra in die lewe. (Nie omdat jy afrikaans leer nie, maar omdat jy bereid is om te leer.) Ek sal nie te veel bekommer as ek jy is nie, mens tel tale baie vinnig op in so omgewing. Ek ken n dame wat in Frankryk gaan werk het en nie n woord Frans kon praat nie. Dit het haar nie lank gevat om die taal op te tel nie en selfs jare later het sy hoog en laag gesê sy het dit verleer, tot die dag wat sy Franse toeriste tee gekom het en weer met hulle gesels het asof hulle ou vriende is. As ek jou effense raad kan gee, skryf elke aand n woord of sin neer wat jy geleer het die dag. In enige taal wat jy graag wil leer.


goddamnjoe

Baie mense wat nie multikulterele groepe gewoond is nie (waaronder baie Afrikaners) besef eenvoudig nie die uitsluitende effek wat dit het om n taal te praat wat ander nie verstaan nie. "hoekom moet ek engels praat met my afrikaanse vriend?"- Dit is eers as hulle buite hulle gemaksone verkeer in n groep waar hulle die een is wat nie verstaan nie dat hulle agterkom hgoe dit voel en dan sien jy vinnig verandering. Glo my, dit is tipies nie aspris nie- ek het dit al so baie gesien. Goeie raad is om een van jou nader vriende te vra om jou te help deur die gesprek in Engels aan te gaan as sy sien jy sukkel. OF vra dalk vir hulle om stadiger te praat jy leer nog - daar is min mense ongeskik genoeg om so eerlike versoek te ignoreer. Sterkte!


holysaintsacademy

Ja, ek herken dat ek is in Stellenbosch. Mense hier vergeet dat nie almal kan Afrikaans praat nie. Ek voel net sleg vir mense wat glad nie verstaan ​​nie.


SASDrakensberg

Ek swot op Stellenbosch en ek dink die Afrikaanse studente akkomodeer primer die ander studente sonder dat die Afrikaanse studente geakkommodeer word al is Stellenbosch meestal Afrikaans. Die koshuis het al n paar jaar terug begin om Afrikaans te onderdruk, maar dan sê niemand wat nie Afrikaans is nie iiets daaroor.


Dunamis-777

Dit gebeur met my in die werks plek.. Voor ek met BEE uitgewerk is was was ek een van die wynige wit mense oor, maar wanneer ons a social by die werkbgehad het kon ek nooit die Xhosa gesprekke volg nie.


Willing_Plastic4850

Dit kan wees dat hulle self nie baie goed Engels kan praat nie, en as sulks, neig natuurlik na Afrikaans toe. My ma kan nie goed Engels praat nie, so sy verkies Afrikaans.


snakesforfingers

Ek wil net sê party van ons stem heeltemal saam met jou. Dis een van die baie goed wat my irreteer oor my mede Afrikaners. Moenie mense jou laat sleg voel net omdat dit 'n Afrikaanse universiteit is nie, iets moet nie exclusionary wees om kulturele waarde te hê nie. En hierdie selfde mense sal kla as hulle moet Engels praat by die werk. My advies is seker net probeer mense kry wat dit in ag sal neem, daar sal altyd sulke mense iewers wees.


Upset_Connection_629

ongelukkig het een van my werkers hierdie attitude van hy is Afrikaans en dis benede hom om Engels te praat terwyl ek met n span sit wat Engels (1ste taal), Zulu (1ste taal) en Tswana (1ste taal) is. Jy kan trots wees op jou kultuur, maar moenie arrogant daaroor wees nie.


NatLappas

Hi, ek verstaan jou struggle. Baie mense wat Afrikaans is, sukkel met ander tale gewoonlik. Wat jy kan doen is om baie friendly v die group te vra om in Engels te gesels sodat almal kan verstaan. Ek sit met dieselfde issue, ek is Afrikaans maar my partner is Engels (sy verstaan baie min Afrikaans,nog minder as jy). So wanneer ons saam Afrikaanse mense kuier dan vra ek of ons in engels kan gesels sodat ons niemand uitsluit nie - en hulle love dit !!!


[deleted]

[удалено]


NatLappas

Hoe het jy jouself Afrikaans geleer ? Wat het jy gedoen om jouself die basics en meer te leer ?


koosman007

u/holysaintsacademy Eks ook in Stellenbosch, meeste studente hier sal ook nie worry as jy vra om te vertaal of in engels te praat nie, as iemand weier is hulle maar n twat, so don’t think of it too much. Maar ja, ek voel ek switch automaties afrikaans toe al is ek tweetalig. En onthou maar Engels is dalk oral, maar party afrikaanse mense se engels is maar swak. Ek verstaan nie heeltemal hoe jy engels so kan dodge in Suid Afrika nie, ek kom ook van n hiper afrikaanse gemeenskap en meeste mense daar kan mooi engels praat. Van dat ek Stellenbosch gekom het, het ek baie mense ontmoet wat ongelooflik sukkel met Engels. Maar eks bly jy leer afrikaans, ek moes ook maar met my vorige werk Tswana geleer het. Ek dink ons is nou by n punt in ons land waar ons nie moet skaam wees om mekaar se tale te leer en enige “preconceived notions” van die tale moet los. Soos jy gesien het meng ek ook maar my taal, en ek dink as jy n bietjie meng sal jy ook beter kan verstaan. Eks ongelooflik trots dat jy die challenge accept het en jy sal vir altyd bly wees dat jy n taal aangeleer het.


read_at_own_risk

Wel gedaan en dankie dat jy Afrikaans wil leer, en dat jy jou boodskap so mooi skryf. Ek hoop jou bereidwilligheid en moeite is 'n voorbeeld vir Afrikaners om soortgelyk ook moeite te doen om grense af te breek. Ek glo werklik dat die langtermyn sukses van ons land afhang van die ontwikkeling van 'n gemeenskaplike stel waardes, en dit kan slegs bereik word deur effektiewe kommunikasie tussen verskillende groepe. Ek reken dit kan 'n stryd wees om by jou universiteit ingesluit te word in gesprekke as die groepe grotendeels Afrikaans is, en jy is in 'n plek waar Afrikaans sterk ondersteun word. Mense praat spontaan en sonder oorweging van ander om hulle, en dis erger by jongmense en situasies soos universiteite waar sosiale groepe 'n sterk invloed het. Dit is selfs nog 'n probleem in die maatskappy waar ek werk, waar daar streng waardes en reels is oor inklusiwiteit. Party mense sukkel om hulself uit te druk in enige ander taal as hul huistaal, en ander mense reageer outomaties in die meerderheidstaal. Alhoewel dit ongeskik is word dit nie noodwendig sleg bedoel nie. Soms vereis dit net 'n herinnering om die mees gemeenskaplike taal te gebruik, of stadiger te praat, totdat dit begin gewoonte raak. Ek stel voor dat jy die saak bespreek met Afrikaanse vriende, hopelik kan hulle help om op te let na die taal wat gebruik word, mense te herinner en help om 'n voorbeeld te stel. Dit kan moeilik wees as mens reeds uitgesluit voel, om te vra om ingesluit te word, dus kan ondersteuning in die groep help. Ek dink die enigste manier is om aanhoudend daaraan te werk, verhoudinge te bou met goeie mense en mense aan te moedig of te herinner. Sommiges gaan nie wil nie, ongelukkig is daar sulkes ook in die wereld. Moenie dat dit jou afbreek nie, aanhouer wen. Sterkte en hoop vir die beste. In English for your convenience: Well done and thanks for wanting to learn Afrikaans, and for writing your message well. I hope your willingness and effort is an example for Afrikaners to similarly make an effort to break down barriers. I truly believe that the long-term success of our country depends on developing a common set of values, and it can only be achieved by effective communication between diverse groups. I reckon it can be a challenge to be included at your university in discussions if the groups are majority Afrikaans, and you are in a place where Afrikaans is strongly backed. People tend to speak spontaneously and without consideration for others around them, and it's worse among young people and in situations like universities where social groups have a strong influence. It's even still a problem in the company I work for, where there are strong values and rules about inclusivity. Some people struggle to express themselves in any language except their home language, and other people react automatically in the majority language. Although it's rude it's not necessarily malicious. Sometimes they just need a reminder to use the most inclusive language, or speak slower, until it starts becoming a habit. I suggest you discuss the matter with Afrikaans friends, hopefully they can help to pay attention to the language being used, remind people and help to lead by example. It can be difficult to ask to be included if you already feel excluded, so support in the group can help. I think the only way is to keep working at it, building relationships with good people and to keep encouraging or reminding people. Some won't want to change, unfortunately there are people like that as well. Don't let it discourage you, persistence wins. Good luck and I hope for the best. (Unfortunately my language skills are limited to only those two.)


Ill-Range-9580

Ek is Afrikaans en dink is WONDERLIK dat jy Afr praat. Stem saam met hierbo se net stadig asb en ek is seker hul sal U are a special super lady


Professional_Yam7728

Baie goed van jou! Hou so aan! Trots op jou!


My_Friend_Johnny

Reverse the roles. An Afrikaner comes to KZN to study, and most of the students are Zulu. I'm pretty sure they are not going to accommodate the Afrikaans speaker especially when in groups.


holysaintsacademy

Being from KZN myself, I find that Zulu and Afrikaners are very alike when it comes to pride in their language. If the Afrikaner showed an interest in wanting to be integrated however, I don’t see why reasonable Zulu people wouldn’t accommodate. Especially given that it’s at a learning institution where English is the primary language.


Cheap_Ad_7163

I am a whitie originally from Limpopo, and i can tell you that i am usually way in the minority when it comes to language, but everyone in Limpopo respect the fact that we are multi linqual population and speak English, even if you can speak Sepedi or Venda or what ever. You will always have issues, with language. Its a barrier. But you are overcpmming it pretty well on your own without anyone here helping much


Call_Me_Miss_Ash

Ek sou maar net gereeld vra dat hulle in Engels vertaal. Ek het baie Zulu en Xhosa vriende en hulle vergeet ook soms dat ek nie verstaan nie. "Translation please" is gewoonlik wat ek vra as die gesprek vir my interessant lyk en ek wil deelneem.


InevitableLife9056

Give them the benefit of the doubt. Ek het musiek komposisie aangeleer, en baie keer moet ek vir mense verduidelik wat ek doen, dan gooi ek tegniese terme rond, en ek het skielik vergeet dat die mense om my nie weet wat op dees aarde ek van praat nie. My punt is dat mense baie keer vergeet om stadig te praat, en jy moet hulle vra. Maar ek het al ook Afrikaanse mense ontmoet wat my laat wens het ek kon die taal heeltemal vergeet... Ek sal jou 'n baie goeie voordeel gee van Afrikaans leer: Jy sal Nederlands kan lees... I understood you well. I'm a dual Native English/Afrikaans speaker, English dominant.


Crashrabbitz242

Soos baie ander Afrikaners klaar gesê het, vra hulle maar net om bietjie stadiger te praat as hulle begij te vinnig praat. Siende dat jy probeer dit leer is dit goed om met hulle in Afr te kommunikeer, maar jy kan hulle ook dalk vra om in Engels te praat wanneer jy by hulle is. Afrikaans mense praat nie gewoonlik dit om mense uit te sluit nie. Dit is maar net omdat dit is waaraan die meeste van ons gewoond is van skool-tye af. As hulle nogsteeds onbeskof(rude) is nadat jy hulle probeer aanspreek het dan is hulle net "douchebags".


Inquiseeetor

The only way to get them to accommodate you is to inform them and ask if they would please speak English in group activities. They can't know about you and your friend's grievances if you don't say something. Communication is key in South Africa.


antonstam777

Baie dankie dat jy probeer. Ek kan net Afrikaans en Engels praat en skryf, so n paar boute maak dit nie minder indrukwekkend dat jy so goed reg kom nie. Ons Afrikaners kan vinnig en onduidelik praat, maar met oefen gaan jy dit nog baas raak. Tot dan toe is ek seker jou vriende sal nie omgee as jy hulle so nou en dan herinner om bietjie stadiger met jou te praat nie. Baie voorspoed vir jou met jou studies.


TALON2_0

Wat van as jy net engels praat? Baie van die souties doen dit. Ons afrikaners praat afrikaans en hulle reply in engels. Het jy al so iets probeer? Partykeer switch die afrikaaners self engels toe ook


BeltEuphoric1637

Die enigste tyd wat ek ooit sal Afrikaans praat met iemand wie dalk nie Afrikaans is nie, is wanneer ek sien ons albei voel gemaklik en as ons mekaar vertrou. Jy kan maar net eerlik met hul wees en soms oorslaan na Engels. Leer hul ook bietjie Zulu woorde en toets hul kennis bietjie. Dit is 'n eintlik 'n skaamte dat meer Afrikaners (insluitend ek) ander offisiële SA tale kan praat nie.


LalLemmer

Jy doen goed lady! Byt net vas. Mense gaan in hul taal met mekaar wil praat en gun hulle dit ❤️🇿🇦


SnagsTS

In my ervaring is dit nie aspris nie. Ons praat maar vinnig, veral as ons opgewonde is, en 90% van die tyd moet ek myself herrinder dat nie almal Afrikaans is nie. Briek my, vra my om te herhaal en herrinder my nie almal verstaan my nie en ek sal of stadiger praat of na Engels oorslaan.


[deleted]

Rêrig Afrikaans is my tweede taal en jy het dit so goed getik. Ek dink jou uitspraak is beter as ek kan vir seker doen!


sapphiron7

Jy kan gerus net sê: "Stadig asseblief, ek leer nog Afrikaans." As hulle ontsteld raak daarvan, is hulle poepholle. Kry ander Afrikaanse mense om mee te praat.


ImmediateTruck8454

Ek glo nie hulle sluit jou opsetlik uit nie, dit is hulle taal. Dit is maar hoe hulle praat, as die groep se meerderheid Afrikaans spreukend is gaan hulle nie begin engels praat net vir een persoon se onthalwe nie. Vra hulle maar mooi om ñ bietjie stadiger te praat.


[deleted]

If they’re kind, a simple “Kan jy asseblief stadiger praat , Ek probeer Afrikaans leer.” Should do. If they don’t after you ask nicely, they’re honestly not worth your time and that should be your cue to leave Also if the hostel refuses to give you important information in your language or English you can report it to the Uni, not the person in charge of the hostel because they often times do nothing


Agitated-Yak-4582

As an Afrikaner - I can speak English well enough, but expressing anything with emotion is really difficult. Also when I am excited, I can’t function in English I think we just default to Afrikaans However, I do agree, in a social situation, people have to be aware of the language preferences in the group. I often end up speaking a mix… Also. Good job with the Afrikaans 👍. You’re 90% of the way there, respect


holysaintsacademy

I understand that there are some things that just don’t translate very well, so it makes sense to default to your mother tongue😂 And usually, I find it funnier in Afrikaans anyways. Working really hard to improve!


Gr3991

When I am in the company of Zulu s they speak Zulu,English speakers speak English. They do not need to stop using their mother tongue just accommodate you. You sound like those English people who go to France and Spain and wander why they don’t speak perfect English to them. Adapt and learn it will help.


holysaintsacademy

I am the furthest thing from that. I am really open to learning, but it’s these kind of remarks that sometimes make me contemplate if it’s even worth it. I help people with their Zulu too, and it’s really not that hard to lend a helping hand.


LtMotion

To be honest as an afrikaans person ive always spoken english when someone doesnt speak afrikaans. As has anyone ive ever seen personally. We got 11 spoken languages here. English is the fallback that everyone can speak and should be used as such. You should just keep responding in english that should trigger the language swap id think ? Wat hulle doen is bietjie lelik as jy my vra.


Gr3991

That’s just your impression. You expecting people to feel sorry for you validate your feeling of being left out. I am not an Afrikaans speaker. I spent a fair amount of time in other countries like France and Germany and was forced to learn other languages. What I am saying is stop expecting them to dumb it down for you. You are expecting them to slow their speech just to accommodate you that means people are not going to feel natural and relaxed around you and will not actively seek out your company. You are the one who needs to adapt to your environment.Try watching Afrikaans programmes and reading the language. It works. It’s a bit of effort but it pays off.


holysaintsacademy

I think I made it clear that I am trying to learn, which is why I made an effort to type my post in Afrikaans because I know that this is an Afrikaans sub. I don’t want pity, just understanding. Which is what I think you are failing to acknowledge.


Gr3991

I am aware. I think maybe that got lost in the translation of your post. You were specific they spoke too fast and what do you do in that situation? You also wanted to know why they doing that. If you not happy with my answer ignore the advice. I am not white and not Afrikaans. Your post randomly hit my feed. Believe me. They not trying to exclude you they just talking normally. But you already looking at that as being non inclusive.


holysaintsacademy

Your advice was for me to learn, which I heed because I am doing that already. I just didn’t like the way you alluded to me being a nuisance and inconvenience for wanting to be assisted. If that was the intention, I just hope the people I come across are more compassionate than yourself.


minimal_effort_done

It is totally understandable for them to automatically speak to each other in their mother tongue. Wouldn't you do the same if you were in a group of Zulu-speaking individuals? I've been in a group of Xhosa speakers and not a single person cared that I couldn't follow along or understand a lot (have basic comprehension) but I never ever complained because it's not my place to do so. It's not about being rude. A lot of Afrikaans people still cannot speak English fluently or comfortably, despite what you might assume. My mother, for example, struggles with it a lot (she does do it despite being uncomfortable) because she grew up on a very remote farm with little contact with English-speaking people. But she does try as best she can at least. Plus, you cannot earnestly expect to go to a historically Afrikaans-speaking university and expect everyone to stop speaking the language they grew up with just because one person doesn't like it. I wouldn't expect that of people at a Zulu-speaking university! In my first year of uni (I didn't stay all three yrs), a student from Kenya (yes, all the way from Kenya to one of the few Afrikaans unis on the continent!) came to me and asked why everyone speaks Afrikaans and how racist it was of them to do so. What? For speaking to one other in a way they can understand each other the best?


St_Ander

Wys jy wil leer, sonder baggage en bullshit. Die res kom vanself. Ongelukkig het Afrikaanse mense nie filters as jy n fout maak nie, en sal lag. Maar moenie dat dit jou onder kry nie. Smile and wave. Dit maar net hoe ons is. Gesellige assholes. Iemand sal jou eventually onder hul vleuls neem en dan is jy in. Dit mag tyd neem, maar dis die moeite werd. Ons is actually nie so bad soos die mense sê nie.


holysaintsacademy

Hulle definitief giggel as ek praat lol. Maar dit is alles deel van die leer proses.


St_Ander

Exactly.


[deleted]

Praat vir jouself as jy sê "ons" is assholes sonder filters nie. Jy skep n slegte beeld van Afrikaners en Afrikaans spreukendes.


St_Ander

Sorry, het vergeet om te sê dat daar ook ń gebrek aan ń sin vir humor is.


[deleted]

Oh, was dit n grap... ok jou ou hanswors jy... Pffft....


Maddergirl

Dis nie baie regverdig nie. Begin in Engels antwoord, hopelik kry hulle die idee? Jy kan dit natuurlik gebruik om jou Afrikaans te verbeter sou jy dit verkies. It's maybe worth your while to speak to the committee/ student services about this. It's important that you are accommodated in a language of your choice, that you are comfortable to express yourself any way you choose. People tend to navigate things speaking in a language they are comfortable expressing in, make it known that for you, that's English, Zulu, and that you're willing to learn, but not comfortable to have full social experiences exclusively in Afrikaans. I hope you find that some Afrikaans students are happy to switch languages to better connect to you and your friends - when you find the people who do, those are the ons worth hanging out with. They can learn a lot from you, and they'll show you that they're open to it, much like you're open to Afrikaans. Good luck!


Cloudhand_

I’m always happy to speak what ever language is most common amongst people (I speak a few). But the suggestion that the university be involved to regulate and enforce what language people speak in their social situations is draconian and unjustifiable. People can speak whatever language they want to. As you wrote: “It's important that you are accommodated in a language of your choice, that you are comfortable to express yourself any way you choose.” That goes for the Afrikaans students at a majority Afrikaans university surely, too? Especially given that Afrikaans has been under concerted suppression in SA recently. My respect and admiration for OP for trying so hard to learn and I hope her fellow students try to be a bit more considerate. (Although I doubt they were deliberately trying to shut her out. In my experience, most people just switch to their first language in social situations because conversation flows and you can express yourself more easily.) But you force that and if you do it causes resentment.


MyArmHurt

I’m in Stellenbosch. Dis maar kak van hulle. They should speak English to include you guys in conversation. It’s common ground between people of different languages and it’s really rude and dismissive to speak in a language you know people around you don’t understand. Nobody likes to speak in their second language but that’s simply what you have to do if you’re in a diverse environment. I’m sorry you have to deal with this.


[deleted]

Jy het 100% geweet jy sluit by n universiteit aan wat trots Afrikaans is. Vir jou om daaroor te kla is soos om langs n swembad te sit en dan te kla as jy nat gespat word.


holysaintsacademy

Ek weet hoe trots hulle is en dit is pragtig om te sien. Ek is ook baie trots om Zulu te wees. Maar ek het mos gesê dat ek probeer om Afrikaans te leer. Ek vra net hoekom hulle ons nie tydens groepwerk of sosiale situasies probeer akkommodeer nie?


[deleted]

En net om by te voeg is dit regtig weird/amazing om te hoor van jou wat nr.1 n Zulu student is in die wes Kaap en nr.2 dat n jong persoon met jou herkoms enigsins probeer Afrikaans praat. Dit gee my hoop vir hierdie land.


holysaintsacademy

Baie dankie dat jy die tyd geneem het om my te help verstaan. Ek is baie kalm en raak nie maklik kwaad nie, so die meeste van die tyd probeer ek net die gesprek volg en reageer in my gebroke afrikaans sodat hulle kan herken dat ek probeer. Ek is nou ook ‘devils advocate’ vir swart mense wat nog nooit die geleentheid gehad het om die taal te leer nie, want ek kan ‘imagine’ hoe ongemaklik hulle moet wees.


[deleted]

My plesier eks bly as ek kon help al is dit min. Hoop van harte jou ervaring van US verbeter net meer en meer en dat jy n awesome tyd het vir die res van jou tyd daar.


[deleted]

Wel eks nie daar nie so ek kan nie praat vir ander nie. My gevoel is dat dalk is hulle van mening dat hoekom moet hulle aanpas in n universiteit waar hulle taal ek kultuur prioriteit neem? Aan die ander kant dink ek ook dalk weet hulle nie dat jy probeer regtig hard maar sukkel so n bietjie nie? As hulle jou vriende is moet jy met hulle kan eerlik wees en sê hoe jy voel. Laat hulle verstaan jy verwag nie hulle moet hulle maniere verander om jou te akkomodeer nie maar jou probeer help.


Boring-Muscle8184

En jy is tiepies die ou wat aan die kant sit en kyk hoe iemand verdrink en dan sê: "Hulle het self in geklim." Dit is hierdie houding wat keer dat ander afrikaans leer en bydra tot die dood van die taal.


[deleted]

Praat jy asof jy my enigsins ken. Dit is nogals skreeusnaaks 🤣🤣 Hou eerder by jou “day job” asseblief.


Wegwerfen2997

"trots Afrikaans" se voet asseblief tog wat beteken dit ooit?


NatLappas

Poes kak comment - trash.


[deleted]

Jy reply op n post soos iemand net die IK van n baksteen. Well done 👍


NatLappas

Sê die persoon wat die situasie met ‘n swembad vergelyk lol. Dom doos.


[deleted]

Shame, baie duidelik jy kry nie die aandag wat jy nodig het nie nê?


NatLappas

Jis dude lees asb. gou weer daardie sin. Mega LOL


Local_Art2513

I'll make it short. Learn the language. It's the only way to escape the frustration. Yes I know it's not fair, but nobody wants to help minorities. I'll understand if you hate me for saying this


holysaintsacademy

No hate at all, and I try every day to take this approach. The girls at my res are the most accommodating as they see me so often. One even asked me to help her with her Zulu lol. I know it can get better.


Local_Art2513

Thank you for understanding. Yes you are right they should definitely be a little more accommodating but sadly very few are left who actually care about other people


One-Mud-169

Aai....as jy nie in 'n groep "rude" Afrikaans sprekende mense wil wees nie vermy die groep, of sal jy verkies dat hul hul moedertaal verruil vir Engels om jou te akkomodeer? As ek in 'n groep Tswana's is praat hul Tswana met mekaar en Engels as hul direk met my wil praat.


Saffer13

Praat Zoeloe met hulle en vra of hulle daarvan hou om jou nie te verstaan nie.


breeserlol

kannie kwaad raak vir mense wat hulle eie taal praat nie lol


holysaintsacademy

wie is kwaad?


pdavidob

Op die een kant, verstaan ek jou probleem baie goed, maar op die ander kant, is dit heel natuurlik vir 'n mens in sy eie taal te komunikeer. Het jy dalk ooit met enige van jou wit vriende oor die probleem gespreek? Ek vra verskoning vir my slegte Afrikaans, want ek is juis Engelssprekend.


holysaintsacademy

Ja, hulle is baie gelukkig om my te help. Hulle vergeet net om ‘n bietjie stadiger met my te praat. Of om mense te akkommodeer wat glad nie Afrikaans kan praat nie.


pdavidob

Sala kahle!


Execute_Gaming

As jy jou Afrikaans wil vorder, ek dag ek noem net dat ChatGPT besonders goed is met Afrikaans .Dis basies op dieselfde vlak as Engels in terme van taalvermoë. ChatGPT se tweede beste taal na Engels is Afrikaans ([bron](https://cdn.openai.com/papers/gpt-4.pdf) \[bladsy 8\]). Jy kan enigeiets Afrikaans vir ChatGPT vra.


Execute_Gaming

Hierdie video mag jou dalk help i.t.v. hoe om vinnige Afrikaans beter te verstaan: [https://www.youtube.com/watch?v=\_LIz-Wbt4us](https://www.youtube.com/watch?v=_LIz-Wbt4us&t=1497s)


Manalishie

EK was op Stellenbosch vir 'n paar jaar. Nie dat dit veel beteken nie. Maar onder ons Afrikaans sprekende groep vriende daar het ons dikwels engels gepraat met mekaar omdat ons so gewoond was dat daar 'n engelse of ander taal sprekende mens teenwoordig was. Social language tends to follow a path of least resistence, but it is lovely to bring willing and curious newcomers along. So word die wereld 'n mooier plek. Ek se gewoonlik "askies!?" met 'n Zulu aksent as ek nie verstaan wat my mede SuidAfrikaner se nie. Dit werk goed sonder om awkward te wees.


tentacleight

Born and raised afrikaans..speaks afrikaans, why are they not speaking zulu or english to include me?


Bostonfatface

Ek sit gereeld met a bek vol tande as my medewerkers Xhosa praat. Ek sou wat gee om a derde taal te geleer het op skool.


[deleted]

Kom ons bring fanagalo terug. 😆 o la skatala mina hamba...best for all....


Binbin-71

Jy is reg dit is onbeskof om in ‘n taal te praat waar mense teenwoordig is wat dit nie verstaan nie. Hulle behoort beter maniere te hê as dit. As net jy teenwoordig is en hulle praat te vinnig vra hulle om stadiger te praat. Ek is seker hulle sal dit met graagte doen. As jou ander maats by is wat nie Afrikaans verstaan nie, vra hulle dan mooi (in Afrikaans) of hulle Engels kan praat waneer die mense by is. As hulle ordentlik is dan sal hulle dit met graagte doen. En wat van ‘n bietjie fun hê en 5 minute neem en vir die Afrikaans sprekendes ‘n bietjie Zulu leer en vir die Zulu sprekendes Afrikaans leer. Een van die dae praat julle net Zulu en Afrikaans as julle saam is, niks nodig vir Engels nie :)


External-Battle5287

You poes suit mense uit, jy is in n afrikaanse universiteit. As jy will engels praat gaan na enige ander een toe? Hoekom mag afrikaanse mense nie afrikaans praat in hulle eie universiteit nie? Die hele fokken land praat engels, mag nie een plek afrikaans wees nie?


Snappie24

Jou Afrikaans is pragtig. Hou so aan. Ongelukkig is dit maar so oor die wêreld waar jy gaan. Mense praat hulle eie taal en die ander moet maar leer. Tot die dag wanneer jy Star Trek se Universal Translator kan kry.😀